Somerkersfees T-hemp (Kinders)

Gewone prys
R 299.00
Verkoopprys
R 299.00
Gewone prys
Uitverkoop
Eenheidsprys
Translation missing: af.general.accessibility.unit_price_separator 

 

T-hemp groottes: Mans

T-hemp groottes: Dames

T-hemp groottes: Kinders

Republk Trui

Baai & Braai Broek

Nassau Canvas Sneaker

Skoen groottes: Mans


 

Size: 5-6 yrs

Die bekende Afrikaanse Kerslied Somerkersfees (Welkom, o stille nag van vrede) is 'n oorspronklike Suid-Afrikaanse komposisie wat deur Koos du Plessis en Jannie du Toit geskep is. Dit het ontstaan uit die behoefte aan 'n eie, plaaslike Kerslied wat die Suidelike Halfrond se somerseisoen weerspieël, in plaas van die tradisionele Europese winter-Kersliedere. 

Lirieke:

Welkom, o stille nag van vrede onder die Suiderkruis
Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis
Kersfees kom, Kersfees kom, gee aan God die eer
Skenk ‘n helder somerkersfees aan hierdie land, o Heer
Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeue-oue taal
Kyk, selfs die nagtelike swye, vertel die ou verhaal
Kersfees kom, Kersfees kom, gee aan God die eer
Skenk ‘n helder somerkersfees aan hierdie land, o Heer
Voel jy ook nou Sy warm liefde as ons die dag gedenk
Toe Hy Sy Seun aan ons gestuur het, ons grootste kersgeskenk
Kersfees kom, Kersfees kom, gee aan God die eer
Skenk ‘n helder somerkersfees aan hierdie land, o Heer

Aflewering binne Suid-Afrika

Soos ’n goed-geoefende posduif poog Republk om standaard plaaslike bestellings binne 2-5 werksdae by jou deur af te laai. Plaaslike aflewerings is gebasseer op waar jy woon en verskil tussen hoof sentrums en afgeleë areas.

R75 - R139 vir bestellings minder as 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.

R90 - R165 vir bestellings bo 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.

Internasionale aflewerings

Alle internasionale versendings word deur Fedex of UPS gekoerier en koerierkoste kan tussen R780 en R990 wees afhangende van die volumetriese grootte. Vir pakkies wat swaarder is as 10kg in volumetriese grootte kan ’n bykomende kwotasie gestuur word vir ekstra koerierkostes, afhangende van die eindbestemming.

Let wel dat daar kan ook plaaslike doeane-fooie betaalbaar wees in die land waar jy woon en is buite die beheer van Republk.

Jy is vir ons soos familie. Indien jou produk beskadig is sal ons dit op ons koste vir jou omruil, indien:

  • Jy ons daarvan in kennis stel binne 7 dae van jou aankoop;
  • Die produk in sy oorspronklike verpakking is;
  • Die produk ongebruik en in dieselfde toestand is waarin jy dit ontvang het.

Indien jou produk in tip-top toestand is maar jy van plan verander het, of jy wil ’n ander grootte of kleur hê  – dan ontmoet ons jou halfpad. Jy gaan op jou eie koste die produk aan ons moet terugstuur of aflewer. Ons sal op ons kostes die produk weer by jou aflaai. Verder geld dieselfde voorwaardes, naamlik dat jy ons daarvan in kennis moet stel binne 7 dae van jou aankoop en die produk in sy oorspronklike toestand moet wees.

Indien jy nie die produk wil omruil nie sal jy versoek word om die produk aan Republk terug te stuur op jou eie koste. Sodra die produk ontvang word en die produk ongebruik is, sal jou betaling per EFT aan jou terugbetaal word.

Vir internasionale bestellings is alle terugstuur of vervangingsfooie die verantwoordelikheid van die kliënt.