Ontmoet ons barbier!

Ontmoet ons barbier!

Ontmoet ons barbier!

Ontmoet vir Shaun Duyts (38), die barbier by Republk Barbier. Shaun is van Ierse afkoms en werk al 18 jaar as ’n barbier. Hy het in 2003 as ’n vakleerling by Paul James Haarsalon begin, waar hy vyf jaar lank gewerk het, waarna hy sy eie haarsalon geopen het.

Op ’n persoonlike noot:

Shaun ontspan graag in die natuur en geniet veral visvang, maar sal nie staptoere aanbeveel nie. Sy gunstelinghaarsny is ’n standaardhaarsny. Volgens hom is die meeste kliënte baie konserwatief oor hul voorkoms en probeer hulle nie maklik ’n nuwe styl nie.

Sy gunstelinggereedskap is ’n skêr en knippers, en hy geniet dit om nuwe mense te ontmoet en na hul stories te luister.

Hy het grappenderwys begin haarsny en gesê hy wil hare sny – hy het ook sy suster se kêrels se hare gesny. In sy hart is hy ’n boerseun en het hy vrugte geboer.

Sy raad aan mense wat ’n barbier wil word, is: dra gemaklike skoene; jou eerste jaar gaan die moeilikste wees.

En die beste raad vir bleskopmans: niks kan jou hare weer laat groei nie.

Om ’n goeie barbier te wees, verg geduld en harde werk.

Kom stap gerus in of maak ’n afspraak by Republk Barbier!

Op soek na ’n barbier in Johannesburg? Besoek beslis Republk Barbier by Rand Steam Centre!