Bierbrood saam met ’n bosveld-braai is soos melktert en kaneel. Jy kan dit maklik aanmekaar slaan, en daar is so min bestanddele dat jy dit ook op ’n staptoer kan saamvat. Gebruik sommer enige blikkie vir die broodjie en was selfs minder skottelgoed! Hier is wat jy nodig het en die metode.
Jy benodig:
- 500 gram bruismeel
- 5 ml sout
- 10 ml suiker
- 125 ml kruis na smaak.
- 1 bier
- Geklitste eierwit
- 4 x 300 ml-blikkies
Metode:
- Meng die droë bestanddele saam.
- Voeg bier by totdat die deeg taai is.
- Smeer die blikkies met botter of spuit dit met “Spray and Cook”.
- Verdeel die deeg tussen die blikkies.
- Smeer eierwit bo-oor en bak vir 30 minute in die oond, totdat dit gaar is.